Swapo-leuens hou wittes weg van onafhanklikheidsvieringe

Volgende week Dinsdag herdenk Namibië sy 33ste jaar van onafhanklikheid. Die dag word jare reeds gekenmerk deur wit Namibiërs wat tuis bly en eerder braai as wat hulle die nasionale vieringe bywoon, terwyl ander etniese groepe in hul hordes by die vieringe opdaag. Volgens die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, is daar verskeie redes daarvoor.