Swapo-lede wat opstaan wil net verkies word later, weet steeds niks

Die afgelope tyd is dit opvallend dat lede van Swapo meer aktief raak tydens sessies van die Nasionale Vergadering. Talle van die lede was oor die jare uiters stil maar die jaar kom dit heeltemal anders voor. Daar was reeds in die verlede kommentaar dat Swapo vanjaar sy kongres hou en partylede wil nou gehoor word in aanloop tot die party verkiesing. Die veteraan politikus en PDM-tesourier en LP Nico Smit stem saam, maar hy sê hulle praat wolhaarstories.