Swapo kongres: Kenner sê vroulike president is nodig

Die Swapo-party sal in November sy allerbelangrike kongres hou waar nuwe party leierskap verkies sal word. Die kongres is uiters belangrik omdat dit sal bepaal wie die presidensiële kandidaat vir die party in die 2024 verkiesing sal wees. Daar is bespiegelings oor die adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah en premier Saara Kuugongelwa-Amadhila. Maar is Namibië gereed vir ‘n vroulike president? Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en media-studies, sê dat Namibië en verskeie ander Afrika-lande ‘n vroulike president nodig het.