Swapo-jeugliga herhaal standpunt teen homoseksualiteit

Die Swapo-jeugliga het kennis geneem van die arrestasie van ‘n lid wat ook as raadslid in die Gobabis-munisipaliteit dien, na bewerings van seksuele misbruik waarby ‘n tiener betrokke is. Die liga veroordeel in die sterkste moontlike terme wat hy noem die veragtelike en verregaande dade van beweerde seksuele aanranding. Die liga sê hulle staan by die tiener en sy familie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, wat sê dat hulle hul standpunt teen homoseksualiteit en alles wat dit behels, herhaal. Hulle doen ‘n beroep op die regering om regsinstrumente te versterk teen wat hulle noem die vernietigende homoseksualiteit-agenda.