Swapo het nog nie Hausiku se pos gevul nie

Die Swapo-party het nog nie ‘n adjunk-sekretaris-generaal na die afsterwe van Marco Hausiku aangestel nie. Hausiku was ook die rektor by die Swapo-skool en die pos is ook op die oomblik vakant. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se woordvoerder Hilma Nicanor oor die aangeleentheid gepraat. Sy sê die proses is aan die gang.

Swapo hou volgende jaar sy kongres en dit is nie duidelik of die aanstelling, wat ook verskeie verkiesings vir party president en meer insluit, een dan voltooi sal wees nie.