Swapo het nie ons vrae aangespreek nie – Metcalfe

Die voortdurende heen en weer korrespondensie tussen regsfirmas wat die Swapo-party verteenwoordig en dié van die veteraan-politikus en voormalige kabinetsminister Jerry Ekandjo, blyk nie binnekort ‘n einde te kry nie. Die Swapo-regsfirma Murorua, Kurtz, Kasper Incorporated, sê in ‘n brief aan Ekandjo se prokureur Richard Metcalfe, dat hul kliënt enige verkeerde optrede ontken in die manier waarop hulle die benoemingsproses vir Swapo se vise-presidentskap uitgevoer het. Ekandjo en sy regspan meen Swapo beantwoord nie alle vrae nie, veral oor wat gaan gebeur met die leemte wat deur verdedigingsminister Frans Kapofi gelaat is wat aan die wedloop onttrek het. Metcalfe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.