Swapo besluit tussen 24-28 November oor nuwe leierskap

Die sentrale komitee van Swapo het oor die naweek bymekaar gekom. Die geleentheid, wat ook deur party-president Hage Geingob bygewoon is, het beslis dat die allerbelangrike kongres van 24 tot 28 November sal plaasvind. Alle oë is op dié byeenkoms omdat die kandidate vir die party verkies sal word en die party se president of die adjunkpresident word die party se presidentskandidaat vir die 2024 verkiesings. Geingob se termyn kom tot ‘n einde. Nominasies vir die party se top-posisies sal volgende maand begin.