Swanu vra waar is straatsmouse tydens staatsbesoeke

Die president van Swanu Tangeni Iiyambo, het vandag in die nasionale vergadering gevra waarom die nasionale leiers skaam is vir die straatsmouse, straatkinders en die sogenaamde Struggle-kinders. Hy het vra verder waarom hierdie groepe mense van die strate verwyder word net wanneer daar ‘n staatsbesoek van internasionale hooggeplaastes is om die strate skoon te hou. Iiyambo vra ook wie hierdie straatsmouse sal vergoed vir daardie dae wat hulle nie goedere verkoop het nie…