Swakopmundse munisipale werkers betoog weer

Swakopmund se munisipale werkers is weer besig met ‘n vreedsame betoging. Hulle sal elke middag tussen een-uur en twee-uur voor die Swakopmundse munisipale hoofkantoor vergader om teen kwessies te betoog totdat die raad aan hul oproepe gehoor gee. Na afloop van die vorige vreedsame betoging deur die munisipale werknemers teen beweerde korrupsie, onwettige dissiplinêre beleid en werwingsbeleide, het die Swakopmundse munisipale raad met ‘n brief gereageer en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, gewaarsku hy sal vir laster gedagvaar word, indien die vakbond nie bewyse lewer van bogenoemde bewerings nie.