Swakopmunders moet vir nuwe raadslid stem

Die Verkiesingskommissie van Namibië sal vanaf 6 tot 8 Junie aanvullende registrasie van kiesers in Swakopmund hê. Om as kieser te registreer, moet ‘n aansoeker ‘n bewys van identiteit, ouderdom en Namibiese burgerskap kan lewer. Dit kom nadat Ciske Smith-Howard aangesê is om te bedank uit haar posisie as Swakopmund-kiesafdelingsraadslid of die skorsing uit die IPC-party in die gesig staar. Die voormalige raadslid het die opsie om te bedank, geïgnoreer, wat gelei het tot haar skorsing. Lina Ndengu, die woordvoerder van die kommissies gesels met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.