Swakopmund stel skietwerk onbepaald uit

Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk by die Namibia Construction-steengroef wat dié week op Donderdag, 19 Januarie, sou plaasvind, is onbepaald uitgestel. Vroeër is berig die skietwerk sou ongeveer sewe kilometer buite Swakopmund op pad na Hentiesbaai plaasgevind het, maar dit is gekanselleer.