Swakopmund-jetty is weer oop nadat bloedspoor ontdek is

Die Namibian Marshall Rangers het vanoggend ‘n lang bloedspoor op die Swakopmund-jetty ontdek waarna hulle die eindpunt van die jetty tydelik afgesper het om die toneel te beveilig vir die polisie-ondersoek. Marshall Ranger Jaco Jacobs het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die polisie was reeds op die toneel en het bloedmonsters geneem.