Swakopmund het goed sake gedoen in feestyd

Swakopmund en die Namibiese kus het ‘n besige feesseisoen beleef, veral ná afgelope stiller feestye weens die ontwrigting deur Covid-pandemie. Die sakegemeenskap van Swakopmund, het volgens die munisipaliteit goed sake gedoen. Skakelbeampte van Swakopmund Linda Mupupa sê aan Kosmos 94.1 Nuus oral in die dorp was stalletjies by feeste besig en restaurant-eienaars het ook rede om te glimlag.