Swakop-honde moet op leiband wees of jy word aangekla

Die munisipaliteit van Swakopmund het inwoners van die kusdorp daaraan herinner dat daar ‘n verordening is op die beheer van honde wat reeds in 2003 in die staatskoerant gepubliseer is. Volgens die regulasie moet alle honde in openbare spasies op ‘n leiband wees. Die munisipaliteit sê ‘n span is in die verband ontplooi om patrollies uit te voer en oortreders sal vervolg word. Die raad het ook aangekondig dat spesiale geriewe aangebring om dit vir honde-eienaars te vergemaklik om agter hulle honde skoon te maak.