Swakop en sy kos-kiosks stoei voort

Die herrie rondom kosverkopers by Swakopmund se strand duur voort. Verskeie kiosk-eienaars wat langs die Swakopmund-strandgebied werksaam is, het ontevredenheid uitgespreek oor die munisipaliteit se besluit om hulle te hervestig. Hulle sê daar was geen voorafgaande konsultasie nie. ‘n Vergadering is met die plaaslike owerheid gehou en die besigheidseienaars sê terwyl die munisipaliteit sê daar was klagtes kon hulle geen besonderhede verskaf nie. Op sy beurt sê die munisipaliteit dat beleid aangepas moet word en dit sluit die regulering van informele handelaars in, wat ook nou kiosks insluit.