Swakara se hoop op Junie-veiling

Die Swakara-bedryf neem baie langer om ná Covid-19 te herstel, sê ‘n plaaslike produsent, Louisa Campbell. Die pelse wat nog nie verkoop is nie lê nog in Kopenhagen in Denemarke. Boere plaas hul hoop op die veilings wat eers in Junie gaan plaasvind. Kosmos 94.1 gesels met Louisa Campbell

Sy sê daar is geen ander bykomende markte waar pelse van die hand gesit kan word nie.