Swakara-bedryf neem langer om te herstel

Die Swakara-bedryf neem baie langer om ná Covid-19 te herstel, sê ‘n plaaslike produsent, Louisa Campbell. Sy sê die bedryf se verkope tel stadig op. Die pelse wat nog nie verkoop is nie, lê nog in Kopenhagen in Denemarke. Boere het hul hoop geplaas op die veiling wat op 21 Junie 2021 in Denemarke sou plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met Campbell gepraat..