Swak rand, moontlike resessie sal Nam-groei knielhalter

Die handelsyfers vir April toon volgens Simonis Storm ‘n redelike negatiewe neiging. Die makelaarsfirma sê terwyl die handelstekorte op gemiddeld 1,7 miljard Namibiese dollar staan, beter as die 2,7 miljard dollar wat vir dieselfde periode verlede jaar aangeteken is, sal netto uitvoere ‘n negatiewe bydrae aan die BBP maak omdat invoere duur sal wees as gevolg van die swak vertoning van die Suid-Afrikaanse rand, en stygende kostes in handelsvennoot-lande. Wat verder kommer wek is dat bestellings vanaf Namibië se handelsvennote kan daal sou die gevreesde resessies posvat, wat plaaslik groei kan kniehalter veral omdat die land staatmaak op mynwese om die ekonomie te ondersteun.