50-jarige verkagting verdagte pleeg selfmoord in sel

‘n 50-jarige verhoorafwagtende gevangene het selfmoord gepleeg deur homself in ‘n polisie-aanhoudingsel by Coblenz op Okakarara te hang. Volgens die Otjozonfjupa polisie-woordvoerder inspekteur Maureen Mbeha het hy ‘n selfmoordbrief agtergelaat. Hy het ‘n stuk van sy laken gebruik. Hy was in aanhouding vir twee afsonderlike sake van verkragting wat na bewering in 2022 en in April vanjaar by Okamatapati plaasgevind het. Sy naasbestaandes moet nog van sy dood ingelig word, maar geen gemene spel word vermoed nie.