Swak rand kelder enige hoop vir brandstofprys-verligting, maar uitkoms onduidelik

‘n Namibiese ekonoom het sy verwagting oor die brandstofpryse gegee wat na verwagting vandag deur die ministerie van myne en energie bekend gemaak sal word. Die brandstof-hersieningskomitee vergader vandag om die brandstofpryse te bespreek waarna die aankondiging gemaak sal word. Mei se petrolprys het onveranderd gebly en diesel het met 80 sent per liter gedaal. Die veranderde brandstofpryse sal volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm gepraat…