Dogtertjie, 3, dood na beurtkrag blykbaar asemhalingtoestel afskakel

Build One South Africa het ‘n klagte van strafbare manslag teen die regering aanhangig gemaak ná die dood van ‘n drie-jarige Johannesburgse meisie nadat haar asemhalingstoestel volgens berigte as gevolg van beurtkrag nie gewerk het nie. Die party het die klagte by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie ingedien. Build One SA se leier, Mmusi Maimane, sê bestendige kragtoevoer sou die tragedie kon voorkom: