Swaar reën en selfs sneeu vir SA voorspel

Swaar reënval word in dele van Suid-Afrika voorspel en selfs sneeu in die Drakensberge! Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het ramp-bestuurspanne op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Wydverspreide oorstromings is vandag en môre moontlik oor groot dele van die provinsie. ʼn Woordvoerder, Nonala Ndlovu sê die vlak vyf- en nege-waarskuwings kan rampspoed meebring vir gemeenskappe wat in laagliggende gebiede woon.