Suzie Wolff eis verskoning by FIA

Die besturende direkteur van die Formule Een-akademie, Suzie Wolff, sê sy wil uitvind wie sit agter hierdie week se omstredenheid in die sport. Die beheerliggaam, die FIA, het bekendgemaak daar is ʼn belangebotsing-ondersoek na Wolff en haar man, die spanbaas van Mercedes, Toto Wolff, wat na bewering vertroulike inligting met mekaar deel. Die ondersoek is afgelas nadat al die F1-spanne ontken het hulle het klagtes ingedien. Volgens Suzie Wolff is sy aanlyn uitgekryt en eis ʼn verskoning van die FIA.