Suretha Brits pleit skuldig op moord van haar man

Die opspraakwekkende saak van moord op ‘n hoteleienaar van Pofadder in die Noord-Kaap het vanoggend ‘n onverwagse wending geneem toe sy weduwee skuldig gepleit het in die hooggeregshof wat in Upington sit. Die saak teen Suretha Brits en haar medebeskuldigdes, Enrich Williams en Amantle Bareki, sou vandag begin. Haar prokureur, Barry Roux, het egter aangekondig Brits het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens sy skuldig pleit op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Sy is onderskeidelik tot 25 en 15 jaar tronkstraf gevonnis en die vonnisse sal samelopend uitgedien word.