Supervulkaan bedreig Italiaanse dorp
Italiaanse owerhede is besig met die beplanning van ‘n massa-ontruiming van die hawedorp Pozzuoli, in die suidweste van die land, weens ‘n baie aktiewe supervulkaan. Bykans 1 000 skuddings het die dorp sedert verlede maand getref, met die sterkste een einde September wat 4,2 gemeet het. Wetenskaplikes glo nie daar is ‘n onmiddellike bedreiging van ʼn uitbarsting nie, maar is bekommerd dat geboue verswak kan word as gevolg van die aardbewings. Reuters berig die regering sal ‘n ontruimingsbevel uitreik indien die gevaar van geboue wat ineenstort sou toeneem.