Sundowns stel nuwe rekord op

Mamelodi Sundowns het hul goeie vertoning in die Premierliga voortgesit, met ‘n 1-0 oorwinning oor AmaZulu. Sundowns stel met sy oorwinning ‘n nuwe rekord op, as die eerste span in die Premier Sokkerliga-era wat hul eerste tien wedstryde van die seisoen wen. Die Namibiese sokkersensasie Peter Shalulile is deel van die span. Die afrigter, Rhulani Mokwena, sê hy is tevrede met sy span se vertoning: