McCarthy tree einde Desember uit 

Voormalige speaker van die Amerikaanse Huis, Kevin McCarthy, sê hy gaan aan die einde van Desember uit die Kongres tree. Die 58-jarige McCarthy het die aankondiging in ‘n meningstuk in die Wall Street Journal gemaak. Hy sê hy wil die VSA op ander en nuwe maniere dien. Hy is in Oktober in ‘n opstand deur sommige lede van sy party uit sy rol as speaker geskors. Sy uittrede maak die meerderheid van die Republikeine in die Huis uiters klein met sewe setels, die laagste sedert 1954.