Sundowns is weer heel bo!

Sokker: Mamelodi Sundowns het SuperSport United met twee-nul verslaan en is weer boaan die Premierskap-ranglys. Dit was Sundowns se eerste ligawedstryd in twee maande nadat hulle besig was met verpligtinge in die MTN8, Carling Knockout en Afrika-sokkerliga. Hulle nege seges in nege wedstryde is al reeds ʼn rekordbegin in die PSL, maar afrigter Rhulani Mokwena hou vol hulle kan steeds verbeter.