Namibian Lives Matter reageer op ivoorvonds in Zambezi

Die leier van die Namibian Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die reuse ivoorvondse wat op die Zambezi-grens gemaak is. Die Namibiese weermag is veronderstel om die grense te patrolleer veral met die Botswana weermag wat aktief is aan die ander kant. Mudabeti sê die soldate is redelik aktief en die beweging veroordeel stropers wat verhoudings met die buurland versuur.