Sun International kry byna $500 miljoen vir pandemie-eis

Sun International het die eerste 235 miljoen rand ontvang van die versekering wat hy vir sake-onderbreking gehad het. Nóg sowat 260 miljoen rand word in die volgende maande verwag. Sun International is die eerste groot gasvryheidsgroep wat aangekondig het vir hoeveel hy met sy versekeraars geskik het oor dié versekering wat ondernemings dek vir die tyd waarin hulle weens die inperkings in die Covid-pandemie nie sake kon doen nie. Pandemie-versekering was die afgelope jaar gereeld in die nuus nadat talle versekeraars geweier het om uit te betaal omdat hulle aangevoer het dat die pandemie nie sélf die sake-onderbreking veroorsaak het nie, maar wel die regering se maatreëls om dit te bekamp.