Suiker is die antwoord vir elektriese voertuie

Australiese navorsers sê hulle het ‘n manier gevind om ‘n nuwe geslag batterye te ontwikkel waarmee ‘n elektriese motor op ‘n enkele lading van Melbourne na Sydney kan ry. Die bestanddeel wat die verskil maak, is ‘n lepel suiker. Volgens Australiese media kan dié ontdekking lei tot goedkoper elektriese voertuie wat verder kan ry. Die span van die Monash-universiteit in Melbourne sê die ontdekking maak litium-swael-batterye sterk genoeg om ‘n duisend keer herlaai te word.