Suide-damme is gesamentlik 92,2 persent vol

Die Hardapdam se sluise is vanmiddag om vyf-uur toegemaak nadat die dam 69,2 persent vol was. Namibië se damme in die Suide is tans gesamentlik 92,2 persent vol met die Nautedam wat 103,8 persent vol is en die Neckartaldam 102 persent. Sentrale damme is gesamentlik 66,3 persent vol met die Swakoppoortdam 90 persent vol na ‘n inlvoei van 5,527 miljoen kubieke meter. Die Von Bachdam is 50,7 persent vol in vergelyking met 88,7 persent verlede jaar dieselfde tyd.