Suid-Afrikaners verkies bier bo koeldrank, Namibiërs is 2de wêreldwyd geplaas

‘n Verslag wat NielsenlQ SA vrygestel het, dui daarop Suid-Afrikaners verkies bier bo koeldrank en dat bier ‘n topverkoper onder die vinnig-bewegende verbruikersgoedere is. NielsenIQ SA se woordvoerder, Jon-Jon Emary, sê bierverkope het die afgelope 12 maande met 8 persent gestyg. Emary sê die Russies-Oekraïnse oorlog het nie die alkoholbedryf geraak nie:

Namibiërs is tweede in die wêreld geplaas met bierverbruik. Per kapita drink Namibiërs 108 liter bier per jaar.