Suid-Afrikaners meer optimisties oor beleggings-opbrengste

Suid-Afrikaners is vir die eerste keer in vyf jaar meer optimisties oor hul toekomstige beleggings-opbrengste. Die 2021 Schroders-wêreldwye beleggersstudie het bevind plaaslike beleggers verwag hul toekomstige beleggingsopbrengste sal vir die volgende vyf jaar gemiddeld 15,2 persent wees, ‘n styging van 2,5 persent van verlede jaar af. Dit is aansienlik hoër as wêreld-beleggers se verwagtinge van 11,3 persent oor dieselfde beleggingstydperk. Die hoof van Schroders Suid-Afrika, Kondi Nkosi, waarsku egter daarteen om ‘n korttermyn-ingesteldheid te hê, omdat opbrengste op korttermyn neig om onbestendig te wees.