Suid-Afrikaners loop voor by Jonsson Workwear Ope

Die Suid-Afrikaners Martin Vorster en Darren Fichardt loop albei met een hou voor op agt onder ná die aanvangsronde van die Jonsson Workwear Ope by The Club in Steyn City in Gauteng. Hulle is een hou voor hulle landgenoot, Hennie O’Kennedy, die Swede Sebastian Soderberg en Joakim Lagergren, en Nick Bachem van Duitsland. Vorster, wat sy eerste seisoen in die Sonskyn-toer beleef, sê hy is tevrede met sy wegspringvertoning in die toernooi: