Suid-Afrikaners kan Maandag stem, en spuit

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het aangekondig ‘n duisend stempunte in die buurland sal Maandag op verkiesingsdag opskiet-inentingspersele hê. Meer as 22 miljoen dosisse Covid-19-entstof is tot dusver in die land toegedien. Phaahla sê opskietpersele sal by die persele opgestel word, maar buite die gebied wat vir stemmery afgemerk is. Die minister sê hulle fokus grootliks op gebiede waar inentingsyfers laag is:

Intussen sê Phaahla Covid-19-syfers bly op die oomblik laag te midde van verkiesingsveldtogte, maar dit kan sewe en 15 dae duur om die impak van enige grootskaalse uitbreking te bepaal: