Suid-Afrikaners gevra om NVG te ondersteun

Die gesondheidsdepartement in die buurland doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om die instel van die Nasionale Gesondheidsversekering te ondersteun. Die NGV was hierdie week in Boksburg, Gauteng,  ‘n oorheersende tema op die beleidsdialoog oor gesondheidsdekking in Suid-Afrika. Die departement het die versekering gegee dat die land beduidende vordering gemaak het om behoorlike prosesse vir die instel van die NGV te bespoedig. Die adjunk-direkteur-generaal, Nicholas Crisp, sê Suid-Afrika is een van die lande wat 8,9 persent van sy bruto binnelandse produk aan gesondheid bestee.