Prasa steeds in ‘n penarie

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die erge agteruitgang van passassier-spoorvervoer  in Suid-Afrika sal net omgekeer kan word deur die dringende afwenteling van beheer na funksionerende metro’s soos die Moederstad. Dit volg op die publikasie van die spoor-agentskap Prasa se jaarverslag en uitvoerige verslaggewing van die ondersoekende joernalistieke organisasie amaBhungane. Hill-Lewis sê die statistiek bevestig Prasa vervoer tans net drie persent van die getal passasiers van tien jaar gelede. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makanda…