Suid-Afrikaner swem 100 keer van Robben-eiland na Blouberg

‘n Suid-Afrikaanse man het geskiedenis gemaak toe hy die vierde persoon in die wêreld geword het wat 100 keer van Robben-eiland tot in Bloubergstrand kon swem. Howard Warrington het met hierdie prestasie meer as 120 000 Suid-Afrikaanse rand ingesamel vir die Kaap van Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging. Hy sê die temperatuur, wind, strome en ander faktore, het met elke swempoging verskil. Warrington sê slegs deur toewyding en fokus kon hy elke keer die kus bereik.