Suid-Afrikaanse befondsing vir ISIS verbaas nie

Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat daarop dui dat verskeie Suid-Afrikaners fondse verskaf aan Islamitiese militante wat bedrywig is in Mosambiek en verantwoordelik is vir die sterftes van honderde burgerlikes in die noorde van daardie land. Professor Andre Duvenhage, ‘n Politieke Ontleder in die buurland sê terwyl dit alles nog bevestig moet word, sal dit hom nie verbaas nie.