Suid-Afrika wil met Brittanje praat oor reisverbod

Die Suid-Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi
Pandor, hoop om met die Verenigde Koninkryk te praat en hulle van plan te laat
verander oor die herinstelling van ‘n reisverbod teen die buurland en lande in die streek.
Dit is ingestel na die ontdekking van ‘n nuwe stam van Covid-19 in Suid-Afrika. Die
Verenigde Koninkryk het Suid-Afrika net verlede maand van sy rooilys verwyder. Die
Verenigde State sal intussen eers meer te wete wil kom oor die nuwe Covid-19-variant
wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is, voordat hulle besluit of enige reisbeperkings
toegepas gaan word of nie. Dr Anthony Fauci, hoof mediese adviseur van die
Amerikaanse regering, het aan ‘n nuusnetwerk gesê die VSA werk nou saam met Suid-
Afrikaanse mediese wetenskaplikes om meer data oor die variant te bekom voordat
hulle besluit oor die pad vorentoe.