Nog geen geval van die nuwe Covid-variant in Namibië nie


Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar nog geen geval van
die nuwe Covid-variant in die land bevestig is nie. Die ministerie het in ‘n verklaring
daarop gewys dat die situasie noukeurig gemonitor word Die Suid-Afrikaanse regering
se Nasionale Koronavirusbevelsraad-vergadering wat vir môre geskeduleer is, is
intussen tot vandag vervroeg. Die raad gaan ontwikkelings in die Covid-19-pandemie in
oënskou neem, insluitend wetenskaplike inligting oor die nuwe koronavirus-variant. Die
Wêreldgesondheidsorganisasie noem die nuwe variant Omikron.Die uitslag van die
vergadering sal bepaal of verdere beraadslagings op die vlak van die President se
Koördineringsraad vereis word.