Suid-Afrika stel digitale inentingsertifikaat bekend

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het sy Covid-19-inentingsertifikaat-portaal bekend gestel wat gebruikers sal toelaat om ‘n QR-kode te skep wat hul inentingstatus toon. Die departement sê die QR-kode is nie vir die gewone publiek bedoel nie, maar sal deur spesifieke instellings gebruik word. Die digitale paspoort is tans slegs beskikbaar vir mense wat ten volle ingeënt is. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die sertifikaat sal waarskynlik in die toekoms vir spesifieke dienste gebruik word en die dokument sal aangewend word om toegang te kry by vermaak- en sportgeleenthede.