Suid-Afrika sal ook reën kry, maar waarskuwings uitgereik

Dit is nie net in Namibië waar reën voorspel word nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing vir nog donderstorms in verskeie dele van die land vir die naweek uitgereik. ‘n Intense lente afsny- laag word van môre tot Dinsdag vir groot dele van die land voorspel. Na die onlangse stormskade aan die kus word verwag die laagdrukstelsel gaan aan die Weskus ontwikkel wat swaar reën en donderstorms asook moontlike oorstromings kan veroorsaak. ‘n Weervoorspeller, Wayne Venter, sê temperatuurwisselings sal ook aansienlik wees met koue toestande in sommige gebiede en warmer weer in ander dele.