Suid-Afrika het uitdagings in aanloop tot plaaslike regeringsverkiesings

Daar is volgens berigte groot druk op staatsfinansies in Suid-Afrika in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings in die buurland.Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool in Johannesburg het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die gevaar van ‘n sogenaamde fiskale afgrond wat die buurland tans in die gesig staar.