‘Suid-Afrika het nuwe leierskap nodig’

Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê Suid-Afrika het nuwe leierskap nodig om die idee van ʼn nasionale doelwit te vestig wat gegrond is op die gedagte dat die demokrasie aan alle burgers behoort. Hy sê die buurland moet ʼn samelewing bou wat gebaseer is op die grondwetlike en sosiaal-demokratiese waardes van vryheid gelykheid, geregtigheid, eenheid en integriteit. Zibi sê die land het ʼn nuwe visie nodig om binne een geslag ʼn veilige, vooruitstrewende, gelyke en verenigde Suid-Afrika te bou: