Amerikaanse dollar versterk effe op eerste dag van handel

Die Amerikaanse dollar het vanoggend op die eerste dag van handel vir die jaar versterk met amper 1 persent en die Suid-Afrikaanse rand verhandel tans rondom 18,30 teen die Amerikaanse geldeenheid. Die fokus skuif nou oor na ‘n rits ekonomiese data wat hierdie week beskikbaar gestel sal word, insluitend data oor werksgeleenthede in die VSA. Notules van die laaste Fed-vergadering in Desember is geskeduleer om Donderdag vrygestel te word en sal insig gee oor die sentrale bank se denke oor rentekoersverlagings vanjaar. Tydens sy Desember-beleidsvergadering het die Amerikaanse sentrale bank ‘n 75 basispunte in koersverlagings vir vanjaar voorspel.