Suid-Afrika het hoogste syfer diabetes in Afrika

Die Internasionale Diabetes-federasie het nuwe syfers bekend gemaak wat toon meer as vier miljoen volwassenes in Suid-Afrika is diabete. Die federasie sê dit is teen 11,3 persent, die hoogste syfer in Afrika. Daar is in hierdie jaar ‘n geraamde 96 000 diabetiese sterftes aangeteken. Daar is na raming 45,4 persent van mense in die land wat met diabetes saamleef en nie gediagnoseer is nie. Indien die siekte nie opgemerk is of nie behandel word nie, kan daar ernstige en lewensgevaarlike komplikasies wees, soos ‘n hartaanval, beroerte, nierversaking, blindheid en amputasie van die onderste ledemate.