‘Suid-Afrika gaan les opsê by Klimaatberaad’

Business Leadership South Africa sê Suid-Afrika sal volgende week op COP-26 in Glasgow heelwat druk ondervind om hom onwrikbaar aan die vergadering se doelwitte te verbind. Suid-Afrika gebruik steenkool vir die opwekking van meer as 75 persent van sy elektrisiteit en meer as ‘n kwart van sy vloeibare brandstof vir vervoer. Dit plaas die land 12de op die lys van die wêreld se grootste vrystellers van kweekhuisgas. Die bestuurshoof van BLSA, Busi Mavuso, sê Suid-Afrika het onderneem om sy koolstofvrystelling te verlaag, maar dit moet plaasvind op ‘n manier wat ook die land se unieke maatskaplike en ekonomiese uitdagings in aanmerking neem.