Sudan verklaar VN-gesant as persona non grata

Die Sudannese regering het die VN-gesant in die land Volker Perthes as persona non grata verklaar en bevestig dat die land nie meer sy pos in Sudan erken nie. Volgens die ministerie van buitelandse sake het die regering reeds die sekretaris-generaal van die VN daaroor in kennis gestel en gevra dat Perthes onmiddellik vervang word. Die hoof van die Sudanneses weermag, generaal Abdel Fattah al-Burhan, beskuldig Perthes daarvan dat hy die konflik in die land aanhits. Kort voor die begin van die onrus in die land, was daar betogings by die VN-missie in Sudan oor beweerde buitelandse inmenging.